Woema is ’n reeks vir leerders van Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Dié gewilde verkoper is volgens die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidverklaring (KABV) saamgestel.
Om ’n addisionele taal magtig te raak, moet ’n leerder soveel as moontlik blootstelling aan die betrokke taal kry. Met boeiende temas, vars illustrasies en ’n kreatiewe aanslag, sorg Woema dat leerders se belangstelling geprikkel bly.