Hallo, maatjies! Ek is Sarel Seemonster, ’n monster van die see. Ek verf graag prentjies vir my Ouma Seemonster en dan leer ek alles van die verskillende kleure wat ’n mens kry.
Draai die prentewiel en vou die bladsye oop en ontdek al die kleure saam met my. Gebruik die pen op die bladsye, vee dit dan skoon en speel weer.
Met lekker oefeninge, maklike speletjies wat jy by die huis kan speel en sommer ook ’n eksperiment of twee, is dit pret om te leer!